Fotobeeld

  • Die Wes-Kaap is een van die indrukwekkendste provinsies in Suid-Afrika.
  • Dit is die mees suidelike provinsie van SA.
  • Die Atlantiese Oseaan is aan sy westekant en die Indiese Oseaan in die suide.
  • 'n Bergreeksketting (Sederberg, Hexrivierberge, Outeniekwas, Tsitsikamma) skei die kusgebiede en die binneland.
  • Die verskillende streke is: Die Skiereiland, Overberg, Tuinroete, Wynlande, Klein Karoo, Groot Karoo en ´n deel van die Weskus.
  • Bekende dorpe is onder meer Stellenbosch, die Paarl, Beaufort-Wes, George, Oudtshoorn, Saldanha, Vredenburg, Worcester, Malmesbury en Vredendal.

Boschendal is een van die oudste wynplase in Suid-Afrika.
Nog ´n kykie op Boschendal
Wingerde van Dieu Donne teen die indrukwekkende Simonsberg.
Tafelberg gesien vanaf Bloubergstrand.
Houtbaai nie ver van Kaapstad nie.
Jacobsbaai is ´n bekende vissersdorpie.
Die wynplaas Laurensford is sinonieme met goeie wyne.
Die wynplaas Laurensford uit ´n ander hoek.

Bronne

Kaart: (Foto: By Htonl - Eie werk, CC BY-SA 3.0, https://commons.wikimedia.org/w/index.php?curid=5136397)

Ander foto´s is van Alet Steyn

Inligting het ek aan Wikipedia te danke - u kan daar lees vir meer informasie.

 

 Publikasie: 2011


 © Catharina Loader 2001