Afrikaans Grammatika

Hou dié bladsye dop omdat hier gelet word op die uitspraak van Afrikaanse vokale, konsonante en diftonge. Dis natuurlik maar´n moeilike doelwit só op papier alleen.

Spring daarom weg om bietjie na Afrikaans te luister. Die sanger Refentse se uitspraak in die volgende opnames is duidelik en maklik om te volg:

 

Kyk of jy vir my die son kan vang:

https://www.youtube.com/watch?v=Fkh1HjS-oO0

 

Oom Faan se plaas:

https://www.youtube.com/watch?v=d7gW16mWbNg

 

Ons skryf soos ons praat ..... so het die taalvaders van die GRA destyds luidkeels verkondig.

Lees mens egter ´n Afrikaanse teks, kom mens agter dat die alledaagse Afrikaanse uitspraak nie werklik só eenvoudig uitgedraai het nie. Iewerste het iets van die bus afgeval ... maar gelukkig nie té hard nie. Met ´n paar basiese reëls kan mens die uitspraak van Afrikaanse klanke heel maklik baasraak.