"Wat die posisie van Afrikaans betref, moet´n mens onthou dat die houding van andertaliges net een faktor in die groei of agteruitgang van tale is. Die taalgetrouheid van sy moedertaalsprekers is ook belangrik, en veel belangriker is winste of verliese in hoë funksies, asook die ekonomiese en kulturele druk wat funksiewinste aan mense oplê om die taal te leer, en die afname in druk wat op funksie verliese volg."

Uit: JC Steyn, Taal en Tuiste, Tafelberg 1980

Volgens de census in 2011, sprak 6,85 miljoen Zuid-Afrikanen (13,5% van de ongeveer 51 miljoen tellende Zuid-Afrikaanse bevolking) Afrikaans binnenshuis. De grootste taalgroepen zijn isiZulu (ongeveer 11,6 miljoen goed voor 22,7%) en isiXhosa (ongeveer 8 miljoen, 16%). Engels staat als vierde op de ranglijst, deze wordt door 4,9 miljoen Zuid-Afrikanen (9,6%) binnenshuis gesproken.


Interview en film: Ben Salemans voor Taalschrift.

<iframe width="640" height="360" src="https://www.youtube.com/embed/jHWLG5rnf2M?feature=player_embedded" frameborder="0" allowfullscreen></iframe>

Wannie Carstens over Afrikaans in Zuid-Afrika en de band met het Nederlands. Brussel, 17 november 2010.

 

Insiggewende inligting oor die taaldebat is te lees in artikels van prof. W.A.M. Carstens wat handel oor:

Afrikaans onder druk

Ghislain Duchateau skryf oor die voortbestaan van Afrikaans by UKZN ( 2.12.2013)

Jason Lloyd skryf oor die onderwerp in Litnet en sê onder andere -

.... André P Brink het dikwels in die apartheidsdae verwys na die bestaan van 'n ander, ruimer geskiedenis van Afrikaans wat ook onderdruk en verswyg is.

Ek weet nie hoe goed Makgoba in die geskiedenis van Afrikaans onderlê is nie, maar die 2011-sensus het duidelik getoon dat die meerderheid Afrikaanssprekendes gekleurd is. Ook het dit getoon dat Afrikaans sedert die 2001-sensus 871 000 huistaal-sprekers bygekry het. Boonop het ʼn onlangse studie deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Rasseverhoudinge getoon dat Afrikaans nou oorwegend deur bruin mense gepraat word en dat bruines dus die toekoms van dié taal is.

Dit is dus duidelik dat Brink reg was betreffende die “ruimer geskiedenis van Afrikaans”. Die hoop is dat daardie “Brink-klanke” nou weer gehoor kan word as ‘n sentrale deel van Afrikaanssprekendheid, en dat die res van die samelewing toenemend Afrikaans daaraan sal herken.

Dit is verblyend dat Wannie Carstens, voorsitter van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, uit België laat weet dat hy werk aan ʼn nuwe boek oor die geskiedenis van Afrikaans. Volgens hom sal mense wat die boek lees, “wegstap met ʼn beter prentjie van die gedeelde verlede van Afrikaans. Ons kan, nee, ons durf nie, vandag nog Afrikaans as net ʼn wit taal weerspieël nie.”

Dit is nogal kommerwekkend dat die toon en aanslag van die debat oor die UKZN-besluit plek-plek aanstoot gee en dat Makgoba se persoon dikwels in die spervuur is. Kom ons haal die snedigheid uit die debat en beroep ons op die “Brink-klanke” wat andere tot ander insigte oor Afrikaans sal noop. ....

Om over na te denken, niet?

Lees die volledige artikel op: www.litnet.co.za/Article/2013-die-voortbestaan-van-afrikaans-by-ukzn 

Opgedateer Junie 2014

 

 © Catharina Loader 2001