Letterkunde

 

Al gehoor van W Rodnoejoe Stranoe? Dis die Russiese titel van Na die geliefde land.

En van Hringir i Skögi? Dis Kringe in 'n bos.

In Deens is Etienne van Heerden se Toorberg bekend as Slaegtens Tale.

In Turks kan mens AP Brink se 'n Droë wit seisoen lees onder die titel Kuru Beyaz Bir Mevsim.

Deon Meyer se verhale is al vertaal in tale soos Tsjeggies en Bulgaars.

Marita van der Vyver se Griet skryf 'n sprokie kan deur Duitsers, Italianers, Franse, Spaanjaarde en Swede gelees word. 

Riana Scheepers se Dulle Griet is in Pools, Estnies, Engels en Frans vertaal.

Marlene van Niekerk het vir haar Engelse weergawe van Triomf van die beste resensies ooit ingeoes.

Eugene Marais se Die siel van die Mier is al vroeg in die vorige eeu in Engels, Duits, Frans en Italiaans vertaal.

Ook kry ons dit in Hebreeus en Chinees op boekwinkels se rakke. Engelse en Nederlandse vertalings van talle skrywers groei by die dag.

Verstommend veel Afrikaanse boeke kan dus vandag in vertaalde vorm in tientalle wêreldtale gelees word. Dis 'n proses wat reeds vir dekades aan die ontwikkel is - sien foto´s bo, afkomstig uit Die Huisgenoot (17 Julie 2000) en die Letterkundige Argief. 

 

Vir lesers met Nederlandse agtergrond: Sien vertaalatelier Vertalings wat daar te lees is, is die volgende:

Melktert en kelkiewyn

Oorlog om u te behagen

Oor Pluk van de Petteflet en enorme vertalerspret

Plaasstories

'Afgemaakt met rozemarijn...'

Gifkaroo(1)

Gifkaroo(2)  (sien ook Pioson Karoo)

Uit de vertalerskeuken

Fraaitjies

 

Ghislain Duchateau vestig u aandag ook op: Wenke vir ´n ware speurtog - Rentia Barlett-Möhl

Haar tekst komt voor in LitNet, het toonaangevende e-zine voor literatuur, kunst en wetenschap in Zuid-Afrika – editie 13 november 2013.

Ghislain skryf:

Wat gaat in je om als je een boek gaat vertalen uit een andere taal naar je eigen taal of andersom? Daarover geeft de Afrikaanse Rentia Barlett-Möhl een tiental aanbevelingen. Ter inleiding zegt zij daarover:

"Om regtig goed te vertaal, beteken om ‘n teks beter as enige leser te lees, regtig te kyk wat die skrywer met taal maak, hoe sy of haar sinne betekenis genereer, waarom een woord in plaas van ‘n ander gebruik word en ‘n spesifieke sinskonstruksie of ‘n spesifieke idiomatiese taalgebruik hanteer word.

Ook kan mens baie leer van ‘n skrywer se styl. Iets van daardie oorspronklike styl kan ook na jong aspirantskrywers oorgedra word. Waar gewone lesers, wanneer hulle tekste lees, vra wát verder gaan gebeur, kom die vertaler agter die kap van die byl: Hóé gebeur wat gebeur? Hóéweerspieël of verklap die skrywer dit? Hóé gaan hy of sy met woorde om? Hóé sal lesers in ‘n ander taal dit verstaan? Vertaling is dus in eerste instansie ‘n speurtog na die spel wat die skrywer speel.”

 

April 2013

Hersien November 2013

 

© Catharina Loader 2001