Letterkunde

Die begrip "periodisering"

Met die begrip periodisering in letterkundige konteks word verwys na´n nie-waterdigte indeling van die letterkundige werke in periodes (tydperke) met ongeveer dieselfde gemeenskaplike kenmerke. Dit is nie´n poging om letterkundige werke in te perk nie. Dis slegs ‘n poging om op sistematiese manier ‘n werkbare patroon te identifiseer om sodoende die gesprek oor die letterkunde te vergemaklik.

Periodisering stel ons dus hoofsaaklik instaat om, wanneer daar na skrywers en digters verwys word, hulle histories en soms ook tematies te kan plaas. In die raamwerk van literatuur in konteks is dit byvoorbeeld belangrik om ‘n idee te hê van watter moontlike invloede die buitewêreld op die skeppende persoon se lewe en werk kon gehad het: was dit oorlogtyd, of ‘n tyd van droogte, of van politieke onrus, of ‘n oorgangstyd?

Let daarop dat skrywers in meer as een periode ´n rol kan speel.

Periodes in die Afrikaanse letterkunde -´n kort oriëntering

Oor die foto's in die artikel:
Die beeldmateriaal wat u hier vind kom uit die Letterkundige Argief en die versameling van die boekhandel Human & Rousseau, albei in Pretoria, Suid-Afrika. Waar foto´s van ander bronne afkomstig is, sal dit by die betrokke foto vermeld word.

Die foto's het ´n bewaringsfunksie wat terselfdertyd ook name en gesigte en publikasies bymekaar moet uitbring. Die beskikbare foto's word aangehak aan die letterkundige periodes wat hieronder opgesom word. Die foto's verteenwoordig dus nie alle skrywers nie en sal, soos moontlik, voortdurend aangevul word.

Indien u dus enige interessante foto's of materiaal in verband met Afrikaanse skrywers in u besit het, en u voel dat u dit met ons wil deel, stuur dit asseblief aan die webmeester (sien 'Kontak').

PERIODE 1: 1652 -1875 (ontstaanstydperk)

Die ontstaansperiode van Afrikaans is vanaf 1652-1795. Op Afrikaans word neergesien as ´n 'kombuistaaltjie' of arbeiderstaal. Sedert 1800 is die verengelsingsbeleid baie prominent.

Die eerste Afrikaanse geskrifte verskyn vanaf ongeveer 1795-1875, aangevoer deur skrywers soos Boniface, Meurant en F.W.Reitz.

Vir verdere inligting:
Kannemeyer, J.C., Die Afrikaanse Literatuur 1652-1787, Human & Rousseau, Kaapstad 1998, pp. 17-24.
Die ontstaan van die Afrikaanse letterkunde: 1596, 1652, 1875?

Louis Henri Meurant
Pres. F.W. Reitz
Louis Henri Meurant  (1812-1893)

Meurant was redakteur van die Grahamstadse Hollandse weekblad Het Kaapsche Grensblad waarin hy dikwels Afrikaans geskryf het.

Zamenspraak tussen Klaas Waarzegger en Jan Twyfelaar (1861)
Dit is die eerste Afrikaanse boekie en belanrik omdat hy nie soos baie voor hom met Afrikaans of Afrikaanssprekendes spot nie. Hy gebruik Afrikaans om 'n ernstige politieke kwessie aan te spreek.

F.W. Reitz (1844-1934)

Francis William Reitz was die President van die Oranje-Vrystaat (1889-1895) en Senaatsekretaris van die Unie van Suid-Afrika (1910-1929). Hy word beskou as die eerste Afrikaanse digter.

Sy bekendste gedigte:
Klaas Geswint en Zijn Paert (1870); Di steveltjiis van Sanni; Ter nagedagtenis van kommandant Louw Wepener; Oorlogs- en ander gedigte (1910)

Hy is die samesteller van die eerste bloemlesing in Afrikaans:
Vyftig uitgesoekte Afrikaanse gedigte (1888)

PERIODE 2: 1875-1900 (die Eerste Taalbeweging en Afrikaans in sy kinderskoene)

Hierdie periode hang saam met die Eerste Afrikaanse Taalbeweging wat begin en eindig met die stigting en latere ondergang van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA).

Die sleutelfiguur in die rol wat die GRA gespeel het, was ds. S.J. du Toit.

Die inisiatief word deur die uitbreek van die tweede Anglo-Boere-Oorlog (1899-1902) tot stilstand gedwing.

Vir verdere inligting oor die Eerste Taalbeweging:
Kannemeyer, J.C., Die Afrikaanse Literatuur 1652-1987, Human & Rousseau, Kaapstad 1998, pp. 32-38.

Die skrywers

Lion Cachet
Melt Brink
C.P Hoogenhout
S.J. du Toit
Lion Cachet (1838-1912)

Ds. Jan Lion Cachet het onder die skuilnaam, "Ou oom Jan" geskryf. Hy het hom veral beywer vir die vertaling van die Statebybel in Afrikaans.

Publikasies:
De worstelstrijd der Transvalers (1882); Die Afrikaanse taal (sy bekendste gedig); Het Huisgezin van den Hugenoot ('n Nederlandse historiese roman); Sewe duiwels en wat hulle gedoen het (1907) - ´n novelle wat aanvanklik eers in Die Patriot en Ons Klyntji (1882-1898) verskyn het.

Melt Brink (1842-1925)

http://www.litnet.co.za/melt-j-brink-1842-1925/

Sommige skrywers het werke geskryf wat ´n oorbrugging was tussen Kaaps-Hollands en Afrikaans. Melt Brink is van hierdie groep skrywers die bekendste. Hy publiseer Grappige stories en ander versies (1893-1909) en talle toneelstukke.

C.P. Hoogenhout (1843-1922)

Hy was ´n onderwyser en vriend van Arnoldus Pannevis, stigterslid van die GRA en redaksielid van die eerste Afrikaanse koerant, Patriot. Hy publiseer onder die skuilname van "Oom Jan" of "Oom Jan wat Versies maak" in dié koerant asook in die eerste Afrikaanse tydskrif, Ons Klyntji.

Gedigte:
Hy is medeverantwoordelik vir die Afrikaanse Volkslied. In die gedig Fooruitgang gee hy sy misnoeë met verengelsing bekend. Die aanvangsreëls:

      Engels! Engels! Alles Engels! Engels wat jy siet en hoor;
      In ons skole, in ons kerke, word ons moedertaal vermoor.
      Ag hoe word ons volk verbaster, daartoe werk ons leraars saam,
      Hollands nog in sekere skole: is bedrog, ´n blote naam!

Prosa:
In 1873 verskyn sy boek oor die geskiedenis van Josef - die eerste omvangryke prosawerk. Ses jaar later sy novelle, Catharina, die Dogter van die Advokaat (1879).

S.J. du Toit (1847-1911)

Reeds in 1874 pleit ds. Stephanus Jacobus du Toit, ´n leerling van Arnoldus Pannevis, in ´n reeks briewe vir die erkenning van Afrikaans. Hy begin met die opstel van die eerste Afrikaanse spelreëls. Hy was redaksielid van die Patriot, redakteur van Ons Klyntji (1896-1905) asook van Ons Taal (1907-1909). Hy versorg ook Die geskiedenis van ons land (1877) en Die geskiedenis van die Eerste Taalbeweging (1880) redaksioneel. Verder speel hy ´n belangrike rol in die onderwys van die Zuid-Afrikaanse Republiek.

Enkele van sy gedigte:
Transvaalse volkslied (1881); Transvaalse Vryheidslied (1890).

Prosawerke:
Werklike geesverskynings: Europese en Afrikaanse (1892)
Di koningin fan Skeba, ook bekend as Salomo syn oue goudfelde in Sambesia (1898)

PERIODE 3: 1900 - 1930 (die Tweede Taalbeweging en standaardisering)

Die Tweede Afrikaanse Taalbeweging en standaardisering van Afrikaans lei in dié tydperk tot die selfstandigwording en amptelike erkenning van Afrikaans as volwaardige kultuurtaal in 1925.

Die skrywers van die derde letterkundige periode se werke verskil radikaal van dié in die vorige periodes. Die meeste skrywers publiseer poësie, prosa en dramas.

Die eerste ware digters maak na die Anglo-Boere-oorlog hulle verskyning:

  • Die na-oorlogse digters van die "eerste geslag", die sg. Driemanskap. Hulle is ook bekend as die eerste generasie of geslag digters.

  • Vanaf ongeveer 1917 tree die digters van die "tweede geslag" op die voorgrond.

  • In die eerste twee dekades van die negentiende eeu volg die Vroeë Indiwidualiste of die sg. Twintigers. Hierdie prosaïste en dramaturge volg nog die didakties-romantiese tradisie van hulle voorgangers na, maar ontwikkel algaande 'n sterker indiwidualistiese asook realistiese aanslag.

Die skrywers ná 1900 dra daartoe by om Afrikaans tot kultuurtaal te ontwikkel wat lei tot amptelike erkenning van Afrikaans in 1925.

Verdere inligting:
Kannemeyer, J.C., Die Afrikaanse Literatuur 1652-1987, Human & Rousseau, Kaapstad 1998, pp. 61-69.

Die Driemanskap

Jan.F.J. Cilliers
Totius
Dr. C.L. Leipoldt
Jan F. J. Cilliers (1865 - 1940)

https://www.facebook.com/CLouisLeipoldthttps://af.wikipedia.org/wiki/C._Louis_Leipoldt

Dié digter se beste werk is in sy poësie te vinde.

Gedigte: Die vlakte en ander gedigte (1908); Die Revier (1909); Unie-kantate (1910); Martjie (1911); Die saaier en ander gedigte (1915); Jopie Fourie en ander nuwe gedigte (1920); Die groot geheim (1924); Liefdelewe (1924).

Prosawerke: Afrikaanse leesboek (1920).

Dramas: Liefde en plig (1909); Reg bo reg (1922).

Verdere inligting:
Kannemeyer, J.C., Die Afrikaanse Literatuur 1652-1987, Human & Rousseau, Kaapstad 1998, pp. 49-53.

Totius (1877-1953)

Totius (skuilnaam vir Jacob Daniël du Toit, seun van ds. S.J. du Toit) is die eerste digter wat ´n volledige bundel gedigte publiseer in 1908. Nie alleen was hy ´n taalheld nie maar hy het ook´n belangrike rol in die Afrikaanse Bybelvertaling gespeel.

Gedigte:
By die monument (1908); Verse van Potgieter´s trek (1909); Rachel (1913); Wilgerboompies (1912); Passieblomme (1934); Skemering (1948); Berymde psalms (1937).

Versdrama: Trekkerswee (1915).

Verdere inligting:
Kannemeyer, J.C., Die Afrikaanse Literatuur 1652-1987, Human & Rousseau, Kaapstad 1998, pp. 53-61.

C. Louis Leipoldt (1880-1947)

Leipoldt se gedigte het die uitdrukkingskrag van Afrikaans bewys en hy word tot vandag toe as een van die belangrikste Afrikaanse digters beskou. Hy skryf die eerste Afrikaanse dramatiese monoloog (Oom Gert vertel) en is die grondlegger van die Afrikaanse toneel.

Gedigte: Oom Gert vertel en ander gedigte (1911); Dingaansdag (1920); Uit drie wêrelddele (1923); Die bergtragedie (1932); Skoonheidstroos (1932); Die Moormansgat en ander verhalende en natuurverse (1948); Geseënde skaduwees (1949).

Kortverhale: Waar spoke speel (1927); Wat agter lê (1930); Die rooi rotte (1932).

Romans: Die donker huis (1931); Galgsalmander (1932).

Eenbedrywe: Die Laspos (1919); Jannie (1920); Die byl (1950).

Dramas: Die heks (1923); Die laaste aand (1930); Afgode (1930); Die kwaksalwer (1930); Onrus (1930).

Reisverslag: Uit my Oosterse dagboek (1932).

Verdere inligting:
Kannemeyer, J.C., Die Afrikaanse Literatuur 1652-1987, Human & Rousseau, Kaapstad 1998, pp. 61-69.

Die Tweede geslag digters

Hierdie digters tree vanaf ongeveer 1917 op die voorgrond en word in drie groepe ingedeel:

  • Die werk van Eugéne N. Marais (sekere gedigte het reeds voor 1900 ontstaan maar sy eintlike bydrae setel in die twintigerjare).
  • Vroeë Indiwidualiste wie se werk meestal afwyk van die "ou" temas (A.D.Keet, Toon van den Heever, Eitemal).
  • A.G. Visser produseer reeds enkele verse vóór 1900 maar hy gebruik sekere skryftegnieke eers ná ander skrywers laat in die twintigerjare.

Die skrywers veral bekend vir hulle gedigte

Eugene Nielen Marais
Toon van der Heever
Eitemal
A. G. Visser
Eugene Nielen Marais (1871-1936)

Marais skryf gedigte, kortverhale en as natuurnavorser populêr-wetenskaplike artikels.

Gedigte: Gedigte (1925); Versamelde gedigte (1933).

Natuurwetenskaplike geskrifte en populêre artikels:
Natuurkundige en wetenskaplike studies (1928); Die siel van die mier (1931); Burgers van die berge (1938).

Verhale: Magriet van Laastelust (1922).; Dwaalstories (1927); Die huis van die vier winde (1934); Leeus van Magoeba (1934); Spore in die sand (1949).

Dramas: Die swart verraad (1933).

Vir verdere inligting:
Kannemeyer, J.C., Die Afrikaanse Literatuur 1652-1987, Human & Rousseau, Kaapstad 1998, pp. 89-94.

Artikel oor sy werk: The construction of Eugene Marais as an Afrikaner Hero - Sandra Swart.

Toon van den Heever (1894-1956)

Francois Petrus (Toon) van den Heever word gesien as die voorloper tot vernuwing in die dertigerjare.

Gedigte: Gedigte (1919) in 1931 herdruk as Eugene en ander gedigte; Die speelman van Dorestad (1949)

Sketse, vertellings, kortverhale: Gerwe uit die erfpag van Skoppensboer (1948).

Vir verdere inligting:
Kannemeyer, J.C., Die Afrikaanse Literatuur 1652-1987, Human & Rousseau, Kaapstad 1998, pp. 95-97.

Eitemal (1901-1985)

Willem Jakobus du Plooy Erlank het onder die skuilnaam Eitemal geskryf:

Gedigte: Weerklankies (1928); Phaeton en ander gedigte (1931).

Drama: En hadde de liefde niet (1935); So praat die ou rivier (1956).

Prosa: Skaduwees teen die muur (1958); Jaffie (1953).

Verwerkings: Reinaard, die jakkals (1981); Liedjies vir die F.A.K.-Volksangbundel; Vertalings van Goethe en Shakespeare.

Vir verdere inligting:
Kannemeyer, J.C., Die Afrikaanse Literatuur 1652-1987, Human & Rousseau, Kaapstad 1998, pp. 97-98.

A.G. Visser (1878-1929)

Andries Gerhardus Visser se gedigte vanaf 1923 is alombekend.

Gedigte:
Gedigte (1925); Rose van herinnering (1927); Die purpur iris (1930. postuum); Uit ons prille jeug (1930, postuum).

Vir verdere inligting:
Kannemeyer, J.C., Die Afrikaanse Literatuur 1652-1987, Human & Rousseau, Kaapstad 1998, pp. 98-99).

Prosa en drama van die Twintigers

Die seleksie van Twintigers wat op hierdie paragraaf figureer, is meer bekend vir hulle prosa en dramas as vir hulle gedigte.

Jan Hendrik Hofmeyr de Waal
G.S. Preller
C.J. Langenhoven
Sangiro

Iets oor die skrywers

J. H. H. de Waal (1871-1937)

Jan Hendrik Hofmeyr de Waal is bekend vir die historiese avontuurverhaal.

Dramas: Anjelina (1903); Die dobbelspelletjie (1930).

Verhale: Stompies (1911).

Biografie: Die lewe van David Christiaan de Waal (1928).

Geskiedkundig: My herinnerings van ons taalstryd (1932).

Romans: Johannes van Wyk (1906); Die tweede Grieta (1912); Oupa en sy kleindogter (1923); Die eksentrieke Essie (1934).

G.S. Preller (1875-1943)

Gustav Schoeman Preller was 'n bekende joernalis, uitstaande historikus, stoere taalstryder, onderlegde kultuurman, geliefde skrywer en bekwame literêre kritikus. Sy dinamiese persoonlikheid sal altyd aan die Tweede Taalbeweging en die erkenning van Afrikaans gekoppel bly. Lees hier verder oor die bydrae van Preller.

Vertalings: Piet se tante - Brandon Thomas se Charley´s Aunt (1909); Erasmus se erfgename - Emile Zola se Les héritiers Rabourdin (1914).

Geskiedkundige werke: Piet Retief (1906); Kaptein Hindon (1916); Andries Pretorius (1937); Oorlogsoormag en ander sketse en verhale (1923); Ons parool (1938); Dagboek van Louis Trigardt (1917); Dagboek van Gideon Scheepers (1938); sesdelige Voortrekkermense (1918-1938).

Verdere inligtings:
Kannemeyer, J.C., Die Afrikaanse Literatuur 1652-1987, Human & Rousseau, Kaapstad 1998, pp. 70.

Jochem van Bruggen (1881-1957)

Romans: Teleurgestel (1918); Op velde en rande (1920); Die burgemeester van Slaplaagte (1922); Ampie-trilogie - Die natuurkind (1924); Die meisiekind (1928); Die kind (1942); Booia (1931); Haar beproewing (1934); Die noodlot (1934); Die damwal (1939); Kranskop I: Oupa (1943); Stryd (1949); Die weduwee (1956).

Kortverhale: Nuwe Afrikaanse kortverhale (1932) - drie verhale van hom.

Novelle: Org Basson (in die bundel In die gramadoelas, 1931).

Dramas: Ampie (1930); In die maalstroom (1934); Met Ampie deur die depressie (1939).

Vir verdere inligting:
Kannemeyer, J.C., Die Afrikaanse Literatuur 1652-1987, Human & Rousseau, Kaapstad 1998, pp. 80-84.

Daniel Francois Malherbe 1881- 1969

Gedigte: Karoo blommetjies (1909); Klokgrassies (1914); Vir vryheid (1919); Die timmerman (1921); Rivier en veld (1922); Die skaduwee van ´n vrou (1923); Somerdae (1928); Brood op die weg (1939); Duine en pioniere (1951); Kruis en kraai (1957); Agterland (1965).

Vertaalde dramas: Die skoonseun van mnr. Poirier - Augier en Jules Sandeau (1919).

Eie dramas: Koringboere (1921); Die mense van Groenkloof (1925); Op die trekpad (1931); Meester (1927); Moeder en seun (1945).

Romans: Vergeet nie (1913); Die meulenaar (1926); Hans-die-skipper (1929); Die hart van Moab (1933); Saul die worstelheld (1935); Die profeet (1937); Boerprofeet (1953); Die bergstroom ruis (1940); Vlam van die Suurveld (1943); En die wawiele rol (1954); Over-die-berge (1961); Spore van Vlieland (1948); Die skeur van Vaalspruit (1952); Hulle wat verbygaan (1951); Rooiland (1956); Kind van die sonde (1959).

Postuum: Twee nagelate novelles (1980); Die slagmes en ander nagelate verhale (1980).

Vir verdere inligting:
Kannemeyer, J.C., Die Afrikaanse Literatuur 1652-1987, Human & Rousseau, Kaapstad 1998, pp. 72-73.

C.J. Langenhoven (1837-1932)

Cornelis Jakob Langenhoven was ´n volkskunstenaar by uitstek wat veel bydrae tot die ontwikkeling van die didaktiese en satiriese tradisies in die Afrikaanse letterkunde. Hy was bekend as Sagmoedige Neelse

Gemengde bundels: Ons weg deur die wêreld (1913-1922); Aan stile waters (I, 1930; II, postuum 1941).

Gedigte: Die eerste skoffies op die pad van Suid-Afrika (1921).

Dramas - veral klug en blyspel: Die hoop van Suid-Afrika (1921); Die vrou van Suid-Afrika (1918); Die familiesaak (1909); Die troubelofte (1921); Die onmoontlike tweeling (1920); Die kinderparlement (1927); Die laaste van die takhare (1925).

Prosawerke: Stukkies en brokkies (1911); Sonde met die bure (1921); Herrie op die ou tremspoor (1925); Doppers en Filistyne (1921); Die lig van verre dae (1924); Die Loeloeraai (1923); Geeste op aarde (1924); Die skaduwees van Naaret (1927); Die wandelende geraamte (1930); U dienswillige dienaar (1932)

Kinderlektuur: Brolloks en Bittergal (1925); Die Krismiskinders (1927); Mof en sy mense (1926).

Vir verdere inligting:
Kannemeyer, J.C., Die Afrikaanse Literatuur 1652-1987, Human & Rousseau, Kaapstad 1998, pp. 77-79.

´n Volledige oorsig oor sy loopbaan vind u onder die volgende skakel: Van wieg tot graf met C.J. Langenhoven (sagmoedige Neelsie)

Sangiro (1894-1979)

Sangiro, die pseudoniem van Andries Albertus Pienaar, lewer ´n betekenisvolle bydrae tot dierbeelding in Afrikaans.

Prosawerke: Uit oerwoud en vlakte (1921); Op safari (1924), Simba (1944).

Semi-wetenskaplike artikel: Trekvoëls (1938).

Sketse: Koors (1932); En die Oranje vloei verby (1951).

Vir verdere inligting:
Kannemeyer, J.C., Die Afrikaanse Literatuur 1652-1987, Human & Rousseau, Kaapstad 1998, pp. 74-75.

Van Bruggen (links) en Malherbe (regs)

PERIODE 4: 1930 -1955 (uitbouing en bevordering Afrikaans)

Hierdie periode verteenwoordig´n ongekende groeitydperk in die letterkunde. 

Die indeling lyk soos volg:

  • die Vroeë en Laat Dertigers
  • die Veertigers
  • die Vroeë Vyftigers

Die Dertigers

By hierdie geslag digter kry ons nog die voortsetting van die romantike soos hulle voorgangers dit gedoen het. Lokale aanngeleenthede en folklore voer die botoon. Dieselfde gebeur in prosa en drama - ´n vermenging van realisme en romantiek.

Van die belangrikste figure wat in Periode 4 op die voorgrond tree kan u in die onderstaande foto's ontmoet.

Boerneef
I.D. du Plessis
Elisabeth Eybers
Uys Krige
W.E.G. Louw
Mikro
Hettie Smit
C.M. van der Heever
N.P van Wyk Louw
J. van Melle

Die Veertigers

Dié kunstenaars tree met ´n nuutgevonde selfvertroue op en hulle werk word deur 'n gunstige politieke klimaat ondersteun. Skrywersgildes, uitgewers, tydskrifte en kultuurorganisasies groei en bloei. Dis die bose stad teenoor die heilsame platteland.

Skrywers wat in dié tyd debuteer:

D.J. Opperman, Ersnt van heerden, S.J. Pretorius, S.V. Petersen, Olga Kirsch, A. Watermeyer, Ina Rossouw, Merwe Schlotz, P.J. Philander, Eliize Muller, F.A Venter, Gerhard Beukes

 

 

Olga Kirsch
P.H. Philander
D.J. Opperman
S.V. Petersen
S.J. Pretorius
Ernst van Heerden
F.A. Venter
 

PERIODE 5: 1955 - 1976 (verpolitisering van Afrikaans)

Die Vroee en Laat Vyftigers

Hierdie tydperk val vas in die tipiese temas van die Dertigers en Veertigers en is 'n duidelike oorgangsfase na die opwindende Sestigers.

Peter Blum lewer baanbrekers werk in die volgende werke:

  • Steenbok tot poolsee (1955)
  • Enklaves van die lig (1958)

Die laaste jare van die Vyftigerjare sien die aanvang van ´n uiters kritiese mentaliteit.

Jan Rabie tree ook sterk op die voorgrond en kan gesien word as die persoon wat ekspresionisme en surrealisme toevoeg tot die literatuur.

Peter Blum
Jan Rabie

Die Sestigers en die Sewentigers

Die Sestiger- en Sewentigerjare word geassosieer met die hoogbloei van die Apartheidsera en Afrikaans word al hoe meer verpolitiseer.

Dit is egter ook die periode waarin die emansipasie van Afrikaans plaasvind in die werke van die alombekende Sestigers se "Struggle"-literatuur. Hulle trek sterk te velde teen die onreg van die Apartheidsideologie.

Vernuwing in styl en tema is aan die orde van die dag en dit is veral in die prosa baie opvallend.

Die foto's stel enkele van hierdie baanbrekers aan u voor.

Meer inligting:
https://diesestigers.wordpress.com/about/

Chris Barnard
B. Breytenbach
A.P. Brink
P.G du Plessis
Ingrid Jonker
Elsa Joubert
Etienne le Roux
Adam Small
E. van Heerden
 

PERIODE 6: 1976 - 1990 (polarisering en botsings)

Versetliteratuur is in hierdie periode vooropstaande en daar word gepraat van "Literatuur in die Strydperk".

Die tendense in die letterkunde weerklink ook in Afrikaanse musieklirieke wat tydens die sg. "Voëlvry-beweging" die draer van verset teen sosiaal-politieke toestande en middel- en heersersklaswaardes word.

Die sg. "Grensliteratuur" verskyn op die horison.

Temas rondom gender en feminisme is prominent.

Post-modernisme steek kop uit en Swart skrywers maak hulle debuut.

Meer inligting:
Die Afrikaanse letterkunde vanaf 1976 tot 1990
Die demokratisering van die Afrikaanse letterkunde in die Tagtigerjare

T.T. Cloete
W Stockenström
Antjie Krog
J. de Lange
Achmat Dangor
Dalene Matthee
M. van der Vywer
Marlene van Niekerk
Foto: Litnet
Ingrid Winterbach
Foto: Litnet
Riana Scheepers
 
 

PERIODE 7: Ná 1990 (bevryding, versoening, her-identifikasie)

Die Afrikaanse letterkunde ná 1990

Apartheid kom tot´n val en Afrikaans word probeer homself stelselmatig van die politieke bande van die verlede bevry. Daar is duidelike tendense van ´n herbesinning oor die verlede. Vroeëre sekerhede verkrummel en gee aanleiding tot "Twyfelliteratuur".´n Wye reeks Diaspora-tekste verskyn. Ook verskyn indrukwekkende romans uit die penne van Bruinskrywers.

AHM Scholtz
Foto: Oulitnet