Kulturele landskap

Die "Reënboognasie"

In vele geskrifte word Suid-Afrika se uiteenlopende kulturele bevolkingsgroepe met die term "reënboognasie" omskryf - ´n begrip geskep deur biskop Tutu. Sedert die vroegste tye het hierdie mense uit alle oorde mekaar aan die Suidpunt van Afrika ontmoet. Vandag is die land met´n mengelmoes van mense bevolk, elk met sy eie taal en sy eie kultuur.

 

Argeologiese vondse dui daarop  dat die volkere geskiedenis van die land teruggevoer kan word tot 3 miljoen jaar gelede

Sanmense

Eerstens is daar die Sanmense (jagter-versamelaars). Hulle tradisies kom reeds vir 10,000 jaar met hulle saam. Vandag leef daar nog slegs 'n handjievol van hulle nasate in Suid-Afrika. 
Die tweede oudste ras in Suid-Afrika is die Khoikhoi (Hottentotte). Die Kaapse Khoi (noord van Tafelberg) het met langhoringbeeste en vetstertskape geboer en so ook die Inkwas, Damakwas en Gonakwas wat tussen die Gamtoons- en Keiriviere aangetref kon word.

  • Die Namas (tussen die Kaap en Oranjerivier).
  • Die Koranas (aan die onderpunt van die Vaalrivier).

Vanaf 1600 begin Bantoegroepe vanaf die Meergebied van Sentraal Afrika (Malawi, Kenia, Tanzanië en Uganda) na Suidelike Afrika migreer. Teen ongeveer 1660 bevind die Sotho's, Tsongas en Nguni's hulle reeds in die binnelande van Suid-Afrika. Meer groepe maak met die loop van tyd hulle verskyning.Uit dié diverse Europese gemeenskappe groei die Afrikaners,´n Afrikaanssprekende blanke Boerevolk, vervreemd van die koloniale Europeër en ontevrede met die doen en late van die Britte in die Kaapkolonie. Hulle verhuis in 1838 tydens die sg. "Groot Trek" na die binneland en beland in dié proses midde-in die stuiptrekkings van die sg. Difaqane of Mfecane - ´n "gedwonge verhuising" of "verstrooing" van die binnelandse Bantoestamme veroorsaak deur oorloë waarin die Zoeloes´n prominente rol speel. Die dinamika van hierdie twee Trekbewegings ontsluit die binneland tot aan die noordelike grense van die land.Huwelike van die kolonialiste met vrygekoopte slawe en ander inheemse groepe (alhoewel heel gou verbied deur die Nederlandse owerhede) vorm in dié jare die bakermat van die huidige Bruinmense in Suid-Afrika. Kontak tussen die blankes, San en Khoikhoi gee oorsprong aan die Griekwas (aanvanklik "Basters" genoem). Die Rehobothbasters is deel van hierdie groep en is vandag hoofsaaklik in Namibië woonagtig.Bronne:Jenny, H., Südafrika, vom Chaos zur Versöhnung. Busse Seewald, Herford 1992.Hurford, E., South Africa, magic land. Struik Publishers, Cape Town 1995.Gepubliseer Julie 2013Hersien Januarie 2015

 

 

Khoikhoi

Onvermydelike botsings tussen hierdie groepe het tot die nadeel van die San uitgedraai Hulle is algaande uit die westelike, sentrale en suidelike dele van die land verdryf.

Vanaf 1795 begin die Britte hulle stelselmatig in die Kaapkolonie ingrawe en in 1806 neem hulle die bestuur van die kolonie finaal by die Nederlanders oor. Teen dié tyd was die eeue-oue leefwyse van die San en die Khoikhoi sodanig verswak dat dit nooit weer volkome sou herstel nie.

Groepe wat ons vandag nog in die land aantref is:

'n Versamelnaam wat soms gebruik word vir al hierdie groepe is 'Khoisan'.

Bantoegroepe

Toetrede van die Europeër - Portugese, Nederlanders, Britte, Franse en Duitsers

Die sterk koloniale magte van Europa (Portugal, Nederland en Engeland) bring die Europeër tot in Tafelbaai.

Die Sanmense is die eerste inwoners wat met die Portugese seevaarders bots.

Met die aankoms van die Nederlanders onder leiding van Jan van Riebeeck (1652) was die aanvanklike idee om slegs´n verversingspos vir verbygaande skepe te stig, in vrede te lewe met die inheemse mense en slegs vee van hulle te ruil om vars vleis aan die skepe te verskaf. 

Die Franse Hugenote wat uit Frankryk moes vlug om geloofsvervolging te ontkom, versterk die kolonialiste se geledere in 1668.

Met die verskaffing van plase aan vrygestelde amptenare van die VOC, die sg. Vryburgers, verander die prentjie aan die Kaap egter totaal en word witmense 'n permanente deel van die landskap.

Nóg ´n etniese groep uit Europa skop nes in Suid-Afrika as die Britse Setlaars in 1820 ingevoer om die oostelike grense van die Kaapkolonie te versterk.

Ook Duitsers maak hulle in hierdie nuwe kolonie tuis.

Invoer van Indiërs

Die gebrek aan arbeiders in die suikerplantasies van Natal bring Indiërs na Suid-Afrika. Hulle word ook permanente inwoners in die gebied.

Kontak tussen die verskeie volke skep nuwe groepe

Afrikaners & Engelssprekendes

Engelssprekends bly in die Kaap agter en kry ook vasstrapplek in die Natalse kolonie. Hulle was meer "stadsmense" as boere.

Bruinmense

Hulle geledere word met Moeslemiese slawe uit Maleisië (vandag Maleiers genoem), Madagaskar, Angola en Delagoabaai versterk.

Griekwas

Globalisering

Dié bogenoemde histories etniese samestelling van Suid-Afrika word as gevolg van wêreldwye globalisering nog steeds meer divers, meer kompleks. Chinese immigrante en onwettige immigrante uit die buurlande van Suid-Afrika dra daartoe by om dinge te kompliseer.

Vandag is Suid-Afrika dus 'n potjiekos van verskillende kulture met 'n kaleidoskoop van drie en twintig offisiële en nie-offisiële tale, amper net so baie godsdienste, tradisies, voorkeure, politieke bagasie, verwagtinge en angste.

Mens wil graag toegee dat daar wel, ná al die onrus en onreg van die verlede,´n kleurvolle reënboog oor die land span. Hopelik sal dié brose simbool van beloftes en hoop nie voor die skerpte van die son of dreigende donderwolke verdwyn nie. Hopelik wag daar tog vir elke Suid-Afrikaner wat die geskiedenis spesifiek op dié plek geplant het,´n pot vol goud aan die einde van die reënboog se punt.

 

 

Bronne:

Jenny, H., Südafrika, vom Chaos zur Versöhnung. Busse Seewald, Herford 1992.
Hurford, E., South Africa, magic land. Struik Publishers, Cape Town 1995.

 

Gepubliseer Julie 2013
Hersien Januarie 2016

© Catharina Loader 2001