Kulturele landskap

Die  die Khoikhoi (Hottentotte) is die tweede oudste ras in Suid-Afrika (waarskynlik nasate van die Hamiete) en hulle woon reeds meer as 2 000 jaar in Suidelike Afrika. In 500 vC was hulle reeds in die noorde van Botswana te vinde. Hule was die eerste mense wat die Europeërs langs die seestande raakgeloop het.

Die naam 'Hottentot' is van die Nederlanders afkomstig en hou met die klikklanke in die Khoi-tale, wat vir die Europeërs na 'n 'gestotter' geklink het, verband. Dit is egter vandag 'n minder gewilde benaming en die mense verkies 'Khoikhoi' wat 'manne onder die manne' beteken en op hulle kragdadigheid dui.

Leefwyse

  1. Taal
    Die spreektaal van die Khoi dui op Hammitiese  oorsprong en is algaande met die San se klikklanke gekombineer. Daar is talle Khoi-woorde in Afrikaans (bv Namaqualand, Outeniqua bergreeks).

  2. Veeboere
    Hulle was aanvanklik nomadiese veeboere wat geboer het met langhoringbeeste en vetstertskape. Vee speel 'n baie belangrike rol in die gemeenskapslewe - die aantal vee is gelyk aan die status van die besitter daarvan, dit dien as vervoermiddel, verskaf voedsel en bied beskerming in gevegsituasies.

  3. Wonings
    Dié mense het in veel groter kampe as die San in rietmatjieshutte gewoon. Die posisie van die hutte is streng volgens senioriteit en belangrikheid georganiseer en hulle gebruiksartikels aangepas by hulle lewensomstandighede.

  4. Godsdiens
    In hulle godsdiensbeoefening is Gaunab (‘n bose gees) verantwoordelik vir bonatuurlike verskynsels. Tsui-Goab is die skepper van alles en gewer van goeie dinge. Verder glo hulle aan halfgoddelike, halfmenslike wesens waarvan Heitsie-Eibib ’n voorbeeld is.

  5. Grondbesit
    Hulle siening van grondbesit het ooreengestem met dié van die San en omdat grond allemansbesit was, het botsings met ander volkere meestal rondom veekwessies gedraai. Die Nederlanders se gebruik om grond te koop was vir hulle heeltemal vreemd omdat selfs nie eers die stamhoofde grond besit het wat hulle kon verkoop nie.

  6. Politieke organisasie
    Hierdie bevolkingsgroep het, net soos die Sanmense, geen politieke strukture gehad nie en was daarom baie kwesbaar. Sonder veel moeite kon die kolonialiste hulle dwing is om al dieper die land in te trek en hulle is as arbeiders op die plase van die nuwe aankomelinge in die Kaap aangestel.

  7. Nasionale rampe
    Vele rampe het deel uitgemaak van die Khoikhoi-geskiedenis. Behalwe die aankoms van Nederlanderse VOC-amptenare en die invloed wat dit op die tradisionele lewenswyse van die Khoi gehad het, het sowat 80% van die bevolking in 1666 aan ’n tifusepidemie gesterf. Gedurende 1713 en 1755 het groot pokke-epidemies hulle feitlik uitgeroei. Die inheemse bevolking het geen weerstand gehad teen die siektes wat met die Europese skepe die land ingevoer is nie.

  8. Vermeng met omliggende volke
    Algaande het die Khoi met die Europeërs, San en Bantoegroepe vermeng en hulle nakomelinge maak deel uit van die hedendaagse Bruinmense in Suid-Afrika.

  9. Bedreigde spesie
    Ná 1850 het baie stamme verdwyn en vandag is daar nog sprake van 4 hoofgroepe:

         Die Kaapse Hottentot – noord van Tafelberg.
         Die Inkwas, Damakwas, Gonakwas – tussen die Gamtoos- en Keiriviere.
         Namastamme – tussen die Kaap en Oranjerivier (vandag nog).
         Die Koranas – onderpunt van die Vaalrivier (vandag nog).

The Hottentot

Thomas Pringle

Mild, melancholy, and sedate, he stands

Tending another’s flock upon the fields,

His father’s once, where now the White Man builds

His home, and issues forth his proud commands.

His dark eye flashes not; his listless hands

Lean on the shepherd’s staff; no more he wields

The Libyan bow – but to th’oppressor yields

Submissively his freedom and his lands.

Has he no courage? Once he had – but lo!

Harsh Servitude hath worn him to the bone.

No enterprise? Alas! The brand, the blow,

Have humbled him to dust – even

hope

is gone!

‘He’s a base-hearted hound – not worth his food’ –

His Master cries – ‘he has no gratitude!’

You are welcome to read the article in which the above poem is quoted:Thomas Pringle and the Hottentots by Damain Shaw, associate professor of English Literatur at the University of macau

 

Lees meer uitvoerig oor die Khoikhoi in:
1. Giliomee, Hermann and Mbenga, Bernard. New History of South Africa.
2. Pretorius, Fransjohan. Die geskiedenis van Suid-Afrika: Van voortye tot vandag


Bronnelys
Catharina Loader, Afrikaanse taal en kultuur II, Werkboek 2012, Universiteit van Wenen, Oostenryk, pp 8ff.

 

Catharina Loader
Gepubliseer Julie 2013

Hersien Julie 2014